Clarisse Pieterson Photography » Lifestyle wedding & portrait photographer | Pretoria, Gauteng

WERNER & ESTÉ-MARIE | SWEETHEARTS

Wow, this is such a special post….sitting here all teary eyed…my little brother is getting married tomorrow!! WOW!!

Werner and Esté have known each other for about 10 years. Their relationship grew from an awesome friendship into great love and being perfect soulmates!

Here is what Esté wrote on how Werner proposed:

” Na ‘n lang jaar met baie nuwe uitdagings en verwikkeling het ek en Werner besluit om dit te gaan vier op die laaste werksdag – 15 Desember 2011. Werner het my oudergewoonte kom oplaai en ons het besluit om die Crawdaddy’s in Garsfontein uit te probeer – die een naby ons nuwe huisie. Werner het selfs ‘n spesiale bottel wyn uit sy versameling saam geneem vir die geleentheid. ‘n 2003 Simonsig Tiara.

Ons het heerlik gesels en gekuier en beplan aan die vakansie wat voorlê. Na die lekker ete het ‘n duidelik meer ontspanne Werner (dankie rooiwyn!), voorgestel dat ons gou by die huis verbygaan om ‘n DVD te gaan haal. Min het ek geweet wat daar op my wag.

‘n Huisie vol kerse en rooi rose en sjampanje – en ‘n Werner op sy kniee met ‘n ring waaroor enige meisie net kan droom. Hoe lui die cliché – hy het gevra en toe sê ek ja.

Maar nog was dit het einde niet – ‘n man moet darem sy lobola ook betaal. ‘n 100 beeste en ‘n BMW. Dis nou ‘n honderd Belgiese sjokolade beeste en ‘n BMW modelletjie! Ian Roberts het die liedjie bekend gemaak en my pa het een dag grapsgewys vir Werner vertel dat dit die vereiste is. Werner se reaksie: “Challenge Accepted!”.

So that is their love story in short….couldn’t resist sharing this.

Tomorrow is their big day an I have the huge honour and privilege to capture their special day!! :)

xoxo

Clarisse

 

 

 

Share:|Facebook|Twitter|Pinterest|Google+